Gunsteling kleur: Rooi
Wat eet jy graag? Hoender! Is mal oor hoender en nou en dan steak.
Wat is jou gunsteling drankie? Rooiwyn en Appletizer
Gunsteling klere: Enigiets gemaklik
Gunsteling TV-program: Prison Break
Beste verjaardaggeskenk wat jy ooit gekry het? Toe ek klein was het ek ‘n fiets gekry met daai twee ekstra klein wielietjies op die kant.
Beste kleintyd-herrinnering: As dit gereën het op die plaas het my pa altyd met die bakkie gaan spin oppie nat grond in die wildskamp.
Enige verskuilde talente? Ek het nogals ball sense. Ek is 'n redelike rugbyspeler en ‘n vurige legspin bouler.
Wanneer het jy besef jy wil sing vir 'n lewe? 10 jaar terug.
Noemnaam: Robbie
Bynaam: Gomaan
Verjaardag: 30 Oktober 1980
Waar is jy gebore? Kroonstad
Waar het jy skool gegaan? Hoërskool Kroonstad en Hoërskool Strand
Enige na-skool opleiding? Diploma in drama, Tshwane Universiteit van Tegnologie
Waar woon jy nou? Pretoria
Gunsteling musiek: Theuns Jordaan en Koos du Plessis
Stokperdjies: Waterski, visvang, kamp, stap
Lees jy graag? Wat is jou gunsteling boeke? Lees te min, maar hou van Afrikaanse storieboeke asook biografieë.
Gunsteling fliek: Of Mice and Men en Legends of the Fall
Wanneer was jou eerste optrede voor 'n gehoor? By ‘n koshuis op Tukkies se kampus.
Het jy koor gesing en aan kunswedstryde deelgeneem? Ja, en ‘n middelpaadjie gehad.
Wie is jou mentor? Ek het ‘n hele paar.
Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het? Leef jou lewe.
Watter vyf mense sal jy graag vir ete wil nooi? Leon Schuster, Borat, Will Ferrell, Tanya van Graan, Bono.
Waar sien jy jou loopbaan oor vyf jaar? Ek probeer die lewe dag vir dag vat. Al worry ek soms oor onbenullighede, wil ek nie so ver vooruit beplan nie.